KuierKidz is toegewyd om individue met spesiale behoeftes te ondersteun, sowel as om inklusiwiteit, bemagtiging en gemeenskapsbetrokkenheid te bevorder.
Die bou van betekenisvolle, respekvolle verhoudings is die grondslag vir leer.
KuierKidz Leersentrum is ‘n onafhanklike spesiale behoeftes sentrum geleë in Rietfontein, Hartbeespoort. Ons holistiese benadering kombineer binnenshuise en buitelug leeraktiwiteite om leerders te help om hul volle potensiaal te bereik.
Ons werk individueel met elke gesin om hul spesifieke behoeftes te verstaan.
Onderrig
Ons holistiese benadering kombineer binnenshuise en buitelug leeraktiwiteite om leerders te help om hul volle potensiaal te bereik. Ons volg ‘n terapeutiese model waar elke kind ‘n individuele leerprogram het met inagneming van die spesifieke sterkpunte sowel as uitdagings
Ondersteun
Ons missie is om leerders met gestremdhede by te staan, te bemagtig en in staat te stel om in ‘n veilige, koesterende omgewing te floreer. Ons bied een-tot-een tutorlesse (20 minute elk) vir elke leerkriteria, aangevul deur kleingroepaktiwiteite.
Inspireer
Gestig deur toegewyde ouers wat aanvanklik met tydelike geboue in Meerhof begin het, het KuierKidz gegroei tot ‘n gerespekteerde sentrum. Ons doel is om ‘n gekombineerde leer- en koshuisfasiliteit op een perseel te vestig.
HELP ONS GROEI
Ons is ‘n nie-winsgewende organisasie. Ons doel is om elke individu met spesiale behoeftes die ondersteuning, vriendskap en inklusiwiteit te bied wat hulle verdien.